Polyamorie? Wat, soos twee meisies?

Franklin's polyamory FAQ (in Afrikaans)

This is an Afrikaans translation, with permission, of Franklin Veaux's excellent Polyamory Frequently Asked Questions page at http://www.xeromag.com/fvpoly.html

Translated to Afrikaans by “Great Blistering Barnacles” with a lot of help from GreenFizzPops, ReDsAtIn and the Afrikaans Polyamory community of South Africa.

Vertaal na Afrikaans deur “Great Blistering Barnacles” met baie hulp van GreenFizzPops, ReDsAtIn en die Afrikaanse Polieamorie gemeenskap van Suid Afrika.

Version 1. 01 - 2009-06-28

OK, so wat is “polieamorie”?

Die word “polieamorie” kom van die Griekse en Latynse woorde vir “baie liefdes” (leterlik, “poly” (baie) + amore (liefde). ‘n Polieamorieuse verhouding is ‘n verhouding wat meer as twee partye het.

Jy bedoel, soos “swinging?”

Nie heeltemal nie. “Swinging” se fokus is anders. “Swingers” is grootendeels geintereseerd in seks, alhoewel daar hier en daar vriendskappe en diepere bande tusen “swingers” kan ontwikkel. Met “polieamorie” is die doel dieper verhoudings – nieteenstaande die emosionele fokus is die seks steeds lekker.

O. Ek het jou. Dis soos om ‘n skelmpie aan die kant te he.

Nee. Dis ook iets anders. Die tegniese term daarvoor is “jok”.

Klink maar vir my na dieselfde ding.

Nee. Wat ‘n polieamorieuse verhouding definieer is dat almal wat betrokke is by die verhouding weet daarvan en ingestem het tot die betrokenheid van al die ander partye.

As jy die kat in die donker knyp met ‘n persoon wat jou maat nie van weet nie of suspisies van het maar geen bewyse nie, of van weet maar nie gelukkig is daaroor nie dan is jy nie “poly” nie, jy verneuk jou vrou.

Polieamorie word gekenmerk deur onder andere, ingeligte toestemming van almal wat betrokker is. Sonder dit is dit nie “poly” nie, as jy nie al jou liefdes kan oornooi vir die kersfeesmidagete saam met die res van jou familie nie ondat jy wil nie hê enigeiemand moet weet wat jy doen nie, dan is dit heelwaarskynlik nie “poly” nie.

Poly, schmolly. Dis net ‘n mooi manier om te sê jy laat jou lewensmaat toe om jou te verkul.

Nee. ‘n Agteraf verhouding is teen die reëls.as jy nie die reëls van jou verhouding verbreek nie dan is jy, per definisie, nie oneerlik nie.

Die reëls hoef nie eksplisiet te wees nie, selfs die minagting van die ongesproke reëls van ‘n verhouding is oneerlik.as jy enige iets doen wat jy nie met ‘n geruste hart aan jou maat kan meedeel nie, of jy doen iets wat jy weet jou maat ongelukkig sal maak as hy of sy daarvan te hore sou kom, is jy heelwaarskeinlik besig met iets oneerliks en laakbaar.

Polieamorie is ‘n heeltemal anderse manier om jou verhouding te definieer. Polieamorie vloei voort uit die feit dat verhoudings nie in ‘n “een grote vir almal” kom nie. In ‘n “poly” verhouding--

Ok, ok, ek verstaan. Poly is vir mense wat hulself nie kan toewei aan ‘n verhouding nie.

Nee, nee, nee. Juis die teenoorgestelde. Mense wat hulself nie eksklusief aan een person kan toewei nie kan defnitief nie ‘n lang en gesonde verhouding hé met twee of meer mense nie!

Dis my ondervinding dat baie mense wat op die oog af monogamieus is, beoefen eintlik “reeksmonogamie” – hulle gaan van minnaar na minnaar na minnaar, terwyl hulle sê hulle is monogamieus met elke individu. Terwyl geen redelike persoon sal verwag dat elke verhouding moet hou nie, bleik dit dat baie wat “reeksmonogamie” beoefen hulle maats sien as weggooibaar, of soos meestal die geval is, by iemand bly tot ‘n ander “beter” proposisie opdaag. Polieamorie is meer eties as reeksmonogamie soos dit baie keer beoefen word; Polieamoriste gooi nie hulle geliefdes weg wanneer die volgende interesanter vangs sy opwag maak nie. Dié weergawe van reeksmonogamie is, in my opinie, die kern van mense wat hulself nie kan toewei aan iemand anders nie.

Maar as jy lief is vir iemand dan behoort jy nie enigiemand anders the soek nie.

Baie mense hou van daardie idee maar in werklikheid werk dinge nie heeltemal so nie.

Die meeste mense glo dat iemand wat meer as een geliefde het nie hul “hele hart” aan enige een van hulle kan gee nie. Die fiksie gaan so: as jy vir een persoon lief is kan jy jou liefde volkome deel met daardie persoon. Maar, as jy vir meer as een persoon liefhet dan is jou liefde verdeel en nie soo diep nie. Die idee is gebaseer op ‘n “skaasheid model” van liefde – met ander woorde, jy het ‘n beperkte hoeveelheid liefde om te deel en as jy vir een persoon jou liefde gee is daar niks meer vir die ander nie. So, as jy verlief raak op iemand anders moet jy “betaal” daarvoor deur liefde te ontrek van die eerste persson.

Liefde is nie dieselfde as geld nie. Met geld het jy ‘n beperkte hoeveelheid wat jy kan gebruik en as jy dit vir een persoon gee dan het jy nie meer soveel om vir ‘n ander een te gee nie. Maar liefde gedra homself in ‘n wonderlike, onvoorspelbare en baie keer teenstrydige manier. Wanneer jy vir meer as een persoon lief is kom jy vinnig agter dat jy selfs meer liefde het om te deel. Ja, jy KAN jou hele hart aan meer as net een persoon gee, en wanneer jy dit doen kom jy agter dat dit een van die wonderlikste ondervindinge in die wêreld is.

Moenie aan die inhoud van jou hart dink in dieselfde manier as die inhoud van jou beursie nie. Dit werk net nie dieselfde nie.

Party mense voel blykbaar ook dat dit nie moontlik is om vir meer as een persoon lief te wees op dieselfde tyd nie. So, as jy in ‘n situasie is waar jy in ‘n verhouding is en vir iemand anders gevoelens ontwikkel “bewys” dit dat jy nie regtig vir die eerste persoon lief was nie, né?Ons is mos op die aarde, net om vir een persoon lief te wees, ons een enkele sielsgenoot in ‘n wêreld gevul met ses biljoen mense. . .daardie enkele persoon wat vir ons gemaak is en wat net toevallig in dieselfde skool is of by dieselfde plek werk.

Dit is die “skaarsheid” model van liefde – die idee dat liefde skaars is, dat ons net ware liefde by een persoon kan vind. Dan, wanneer ons daardie spesiale persoon ontmoet sal die deelin ons brein wat ander mense raak sien afgeskakel word.

In elk geval, soos ek gesê het, in ‘n “poly” verhouding, is dit belangrik – dalk belangriker as in ‘n monogamieuse verhouding – vir almal betrokke om te weet en te verstaan wat die reëls van die verhouding is en om daarby te hou. ‘n Suksesvolle “poly” verhouding benodig absolute vertroue en sekuriteit vir almal wat daarin betrokke is.as jy nie by die reëls van die verhouding kan hou nie, kan jy nie verwag om ‘n polieamorieuse verhouding te laat werk nie.

Reëls? Watse reëls? Jy wil saam met iemand anders slaap dan doen jy dit of hoe?

Dit werk nie so nie.

Daar is natuurlik soveel variasies van polyamorie as wat daat mense is; daar’s nie ‘n enkele regte manier om ‘n polieamorieuse verhouding saam te stel nie. Etiese polieamorieuse verhoudings draai gewoonlik om eerlikheid, respek en meegevoel. Om polieamorieuse te wees gee jou nie die lisensie om jou soos ‘n konyn op hitte te gedra nie.

‘n Polieamorieuse verhouding gaan nie oor seks nie; dit gaan oor die bou van romantiese verhoudings met meer as een persoon op ‘n slag.

En ja, daar is reëls.

Né? Watse soort reëls?

Dit hang af van die verhouding.

Party “poly” verhoudings, ook bekend as “eksklusiewe polieamorieuse” verhoudings, het reëls wat nie baie verskil van die wat ‘n tradisionele monogamieuse verhouding reguleer, behalwe daar is meer as twee mense. ‘n “eksklusiewe driehoeks verhouding” of driehoek, het by voorbeeld, drie mense wat betroke is met een persoon seksueel aktief met die ander twee of selfs al drie seksueel betroke met mekaar. Maar, niemand in die verhouding mag minaars buite die verhouding aanvat nie. Dit is dieselfde as waar ‘n traditioneele paartjie nie veronderstal is om met ander mense te vlankeer nie.as jy dit doen dan is dit ‘n gekullery. In die konteks van ‘n “eksklusiewe polieamorieuse” verhouding is dit nog erger om jou liefdes te verkul want jy verbreek die vertroue van meer as een persoon.

Ander polieamorieuse verhoudings tipes mag die partye wat betrokke is toelaat om ander minaars te kry onder sekere omstandighede – gewoonlike, byvoorbeeld, net as almal tevrede is met die nuwe persoon and as die nuwe liefde heeltemal bewus is van almal se verhoudings met mekaar.

Die individuele verhoudings in a polieamorieuse groep kan ook baie kompleks wees. In baie gevalle mag daar ‘n “primêre” paartjie wees – ‘n getroude man en vrou byvoorbeels. Een of beide van hierdie persone mag minaars hê maar, daardie verhoudings is sekondêr in die sin dat hulle minder betrokke is by hulle minaar se daaglikse lief en leed as wat, sê, die getroude maat sou wees.

Let wel:Dit beteken nie dat hierdie verhousings sekondêr is in die sin van belangrikheid nie, of dat die mense betroke in sulke sekondêre verhoudings minder inset het of as minderwaardig geag word nie!Dit beteken net dat daardie verhoudings ander fokus punte of grense het as die “primêre” verhouding.

Of, die polieamorieuse verhouding kan van so aard wees dat al die verskillende verhoudings ewe belangrik is and dat geen enkele “primêre” paartjie is nie.

Ah-ha. Sê wie? Wie maak in elk geval hierdie reëls?

Almal wat betrokke is.

Polieamorie gaan nie oor: “Ek wil daai persoon daar goed spyker en as jy ‘n probleem het daarmee dan is dit jou baby!”

Dit is redelik vir elke persoon wat betrokke is om ‘n insae te hê in die verhoudings wat aangaan. Dis redelik on perke te wil opstel en nodig en redelik om ‘n raamwerk op te stel wat jou gevoelens te beskerm en ook die van al die ander wat betroke is in die verhouding, direk of indirek.

Dit word gedoen deur helder, duidelike and verstaanbare stel reëls te onderhandel wat die manier waarin jy jou verhoudings vorm lei end deur ‘n raamwerk daar te stel wat help om seker te maak dat almal se behoeftes na omgesien word en dat niemand se gevoelens ter seide gestel word nie.

Dit is belangrik om te verstaan dat enige verbreking van hierdie terme ‘n baie ernstige saak is – net so ernstig as wat dit is om jou maat in a tradisionele paarthie te verkul!Die raamwerk, en die gewilligheid van almal wat betroke is om by die terme wat julle saam daargestel het te hou is wat die fondasie van vertroue bou wat polieamorieuse verhoudings benodig. Sonder die vertroue is daar ‘n baie goeie kans dat jy of iemand vir wie jy omgee seergemaak en hartseer gaan opeindig.

Het daai “free love” ding nie tot ‘n einde gekom in die sestigs nie?

Dit het eintlik nooit bestaan nie, selfs nie toe nie.

Maar dis nie nou ter sprake nie. Polieamorie gaan nie oor “free love” nie.al die verskillende variasies van polieamorie het hulle eie dinamiek maar uiteindelik gaan almal van hulle oor die bou van verhoudings en nie oor seks nie.

Okay, hulle gaan oor seks ook.as daar nie seks betroke is nie dan het jy maar net ‘n traditionele verhouding waar die paartjie vriende het. Dit is, op ‘n manie die feit dat seks wel betrokke is wat polieamorie verskillend maak van monogamie. Maar die punt is dat dit nie net die seks is nie.

Die idee van polieamorie is in elk geval ouer as die sestiger jare. Dis ten minste soo oud soos die geskiedenis van die mens. Voorbeelde van polieamorie kan orals en deur al die eeue gevind word in die geskiedenis.

Is dit dan so ‘n seksistiese, [misogynistic], manlik gedomineerde, eng mormoon ding, soos wat ek in die TV reeks “Big Love” gesien het?

Nee. Die beeld wat baie mense het van een man met baie vrouens soos in die HBO reeks is tegnies “poliegenie. ”Poliegenie (van die griekse “poly” baie + gynos vrou) is die vorm van poligamie waar een man meer as een vrou kan he, maar vrouens word nie toegelaat om meer as een man te he nie.

Waar poliegenie beoefen word word vrouens gewoonlik as niks meer as eiendom beskou. Omdat mense daardie verkeerde idee het van wat polieamorie is, is dit maklik om te verstaan hoekom hulle dink dat “polieamorie” beteken “disresespek van vroue. ”

Maar polieamorie is nie “poliegenie’ nie. Polieamorie geld gelyk aan almal. In ‘n etiese polieamorieuse verhouding word dieselfde kaanse aan almal gegun sonder om te diskrimineer teen enigeiemand se geslag nie. Polieamorie gaan nie daaroor om ‘n klomp vrouens te versamel vir jou harem nie. Polieamorie gaan oor die deel van ‘n deel van jou lewe and liefde met meer as een persoon – en jou minaars deel HULLE lewe en liefde met meer as een persoon. Polieamorie gaan nie daaroor dat jy jou minaars “besit” en ‘n klein leër eunuchs huur om seker te maak hulle bly kuis tot net jou nie.

Kom ons gaan terug na die seks ding. Hoe besluit jy wie slaap met wie?

Dit hang af van die verhouding.as daar ‘n primêre paar en sekondêre verhoudings is is dit tipies die primêre paar wat die reëls van wie doen wie en wanneer opstel. In ‘n eksklusiewe polieamorieuse groep werk mense die interpersoonlike dinamika uit onder mekaar. En as jy natuurlik ‘n konings-grote bed het, wie weet?Dalk vind jy uit dat jy van ‘n ekstra paar voete hou in die bed!

Maar die “wie doen wie” vraag is nie noodwendig die interesantste aspek van ‘n “poly” verhouding nie. Onthou, met polieamorie praat ons van meer as een romatiese verhouding en nie net meer as een seks maatjie nie. Die sosiale dinamika kan baie komples wees en gaan verder as net wie gaan seks hê met wie.

Ek kan glo. Soos, hoe keer jy jaloesie?

Ah, dis nou ‘n goeie vraag!Daardie onderwerp het ‘n bladsy van sy eie (http://www.xeromag.com/fvpolyjealousy.html).

Maar, as iemand jaloers voel dan is dit seker hulle probleem?

Nee, dis almal se probleem en suksesvolle ontlonting van die situasie verg dat jy uitvind hoekom hulle jaloers voel.

As jy jou minaars hanteer asof hulle vervangbaar is sal hulle jaloers wees.as jy nie omgee oor wat hulle nodig het of hulle bemin laat voel nie, sal hulle jaloers wees.as jy nie duidelik wys aan al jou minaars dat jy hulle waardeer nie gaan jy hulle nie lank in jou lewe hê nie.

Partykeer is dit maklik, veral wanneer jy besig is om ‘n nuwe maat te kry, jou huidige maat bietjie af te skeep in die warboel van opvinding wat die verkenning wan die nuwe liefde bring. Party mense noem daai malheid van die verlief wees stadium van ‘n nuwe verhouding “Nuwe Verhouding Energie” of “NVE. ”

Gedurende daardie tyd is almal betroke baie vatbaar vir jaloesie. Daar is geen gewaarborgde oplossing om te verseker dat jou minaars nooit jaloesie gaan voel nie, maar dit help as jy ‘n punt maak daarvan om aandag aan almal te skenk. Om almal te betrek by die meeste van jou aktiwiteite – om bedagsaam te wees.

As jy groot geword het met die idee dat as jou minaar rondkyk na ander mense dit is omdat jy nie genoeg is vir hulle nie sal jy heelwaarskeinlik nie gelukkig wees in ‘n polieamorieuse verhouding tot jy van daardie idee kan afstand doen en verstaan hoekom dit nie waar is nie.

Mense het wel die kapasiteit om lief te wees vir meer as een persoon; daar is nie ‘n magiese skakelaar in ons breins wat sodra jy verlief is af skakel en dan kan jy nie meer liefde voel vir iemand anders nie. Enige ouer wat meer as een kind het weet dis moontlik om lief te wees vir meer as net een persoon.

Dit beteken nie dat mense [expendable] of vervangbaar is nie. Ouers met meer as een kind weet dat die liefde wat hulle vir elke kind voel uniek en onvervangbaar is. Net so weet die persone in ‘n gesonde polieamorieuse verhouding dat die liefde wat hulle het vir elke persoon in die verhouding het uniek en onvervangbaar is – en die wete daarvan dryf jaloesie weg.

Re. . .eg. Net soos dit, nê? Sê my, hoekom sal my minaar met iemand anders wil seks hê as ek genoeg is nie, hmm?

Die gaan nie oor genoeg is nie.

‘n Groot groep mense het groot geword met die idee dat as jy geintereseer is om intiem met iemand anders te wees beteken dit dat jou geliefde nie genoeg is vir jou nie. Dis ‘n mite wat so bekend en blywend is as die idee van ‘n tande muis. Mense werk nie so nie. Wanneer om betroke raak met iemand word daardie deel van ons brein wat on na ander mense aantrek nie sommer net so afgeskakel asof iemand dit met ‘n staffie betower is nie.

Iemand het my op ‘n keer gevra: “Hoe hanteer jy die wete dat jou geliefde met iemand anders is?Dink jy nie dalk dat hulle beter in die bed is as jy nie?”

Die lang antwoord is baie komplex. Die kort antwoord is eenvoudig: Dit maak nie saak nie. Dis nie ‘n kompetisie nie.

Daar is baie mense in die wêreld.as jy lank genoeg soek gaan jy iemand kry wat beter is as my met als. Jy sal mense kry wat beter kook, beter seks gee, beter lees, skryf en bestuur – inige iets wat jy aan kan dink. Jy kan nie die beste persoon in die wêreld wees met alles nie. Hanteer dit maar.

Aan die einde van die dag, weet jy wat?Dit maak nie saak nie.

As jy glo dat jou minaar jou gaan los as sy iemand beter in die bed kry, wel, dalk moet jy nie a-monogamie probeer nie – maar dan, dalk moet jy jou verhouding heroorweeg terwyl jy nou op daardie punt is.

Dit maak nie saak nie, vir dieselfde rede dat dit nie saak maak as jou minaar iemand ontdek wat beter kan kook as jy nie.

As jou minaar na ‘n restaurant toe gaan dink jy: “Liewe hemel, wat as die restayrant kos beter is as myne?”Ervaar jy ‘n innerlikke wroeging daaroor of jou kos minderwaardig is in verhouding met die van die restaurant?Nie as jy al jou varkies op hok het nie.

Met seks is dit dieselfde.

Seks is iets wat jy leer. Wie weet. . . dalk leer jou minaar iets wat jy nie aan gedink het nie en die ontdekking bring nuwe areas van ontdekking in julle verhouding en raai wat!Jy is beter in die bed daaroor.

Maar dis nie ‘n wedstryd nie. Dis nie asof jy jou hele lewe moet spandeer om jou vaardighede op te met teen almal om jou sin nie. Dis die pad na wansin. Dit gaan aan die einde van die dag nie oor seks nie – dit gaan daaroor dat jy jouself oopmaak vir moontlikhede wat meer as een romantiese vehouding kan bied.

En miskien is dit JOU nuwe liefde wat jou a ding of twee gaan leer!

So, hoekom? Wat kry jy hieruit? Behalwe, ek bedoel, om ‘n paar mense te pomp.

Eerstens, om polieamorieuse te wees beteken nie dat jy somer met ‘n klomp mense seks het nie. Inteendeel, dit kan beteken dat ky net een seks maat het.

Maar, dis nie die punt nie.

Die antwoord van hierdie vraag spreek wie ons as menslike wesens is aan. Hoekom raak mense betroke in interpersoonlike verhoudings in die eerst plek?Hoekom jouself romanties aan enige iemand bind?Die antwoord hang natuurlik van persoon tot persoon af en ons is nou maar sosiale diere. Mense is gelukkiger as hulle romanties vervul is as wanneer hulle alleen is. Intiemiteit dra by tot ons lewens kwaliteit.

Reg. Maar hoekom is een persoon nie genoeg nie?

Wat sou jy sê as jy ‘n kind gehad het en jy besluit dis tyd vir nog eenetjie. Jou eerste kind kom na jou toe en vra: “Maar hoekom is ek nie genoeg nie?”

Die vraag maak eintlik nie sin nie, sodra jy verstaan dat dit nie oor “genoeg” gaan nie.

Kom ons begin met die feit dat die meeste mense nie intiem is met net een persoon nie. Hulle is intiem met een persoon op ‘n keer. . . dis, ten minste, die teorie. En met statistieke wat aanvoer dat soveel as 34% van mans tussen 50 to 64 erken dat hulle ten minste een keer hulle liefdes maat verkul het, die feite wys dat selfs die teorie nie so baie populêr is nie.

Maar dis anders. Dis oneerlik.

Presies.as jy meer as een verhoudings maat soek – wat die meeste mense wil hê, ten spyte van die romatiese fantasië waarmee ons grootgemaak is – dan vereis die prinsiep van integriteit en oordentlikheid dat jy eerlik en opreg is daaroor.

Ek het al proposisies gekry van vrouens wat my direk gevra het: “So, sal jy ooit jou maat verneuk?”Wanneer ek sê: “Ek is oop vir die moontlikheid om meer minaars te hê maar, ek sal nooit oneerlik daaroor wees nie – ons kan ‘n verhouding begin solank my huidige minaars dit goedkeur,” val hulle torre gewoonlik op daai oomblik uit die bootjie. “Nee!Dis net te onnatuurlik vir woorde!”

So, blykbaar is daar baie mense wat heel gelukkig is daarmee met jok en oneerlikheid, wat nie sal huiwer om hull lewens maats te verraai en niks dink daarvan nie – maar wat nie die idee van eerlikheid en integriteit kan aanvaar nie.

Hierdie soort mense is nie die soort wat ek voor kan lief wees nie. Enigiemand wat hul lewens maat kan veraai kan my verraai en ek wil nie sulke mense in my lewe hê nie.

So jy sê almal is of “poly” or oneerlik?

Nee, Party mense bleik dol gelukkig te wees met monogamie. Hulle kan in ‘n monogamieuse verhouding bly, gelukkig wees en nooit eens kyk na ‘n ander persoon nie. Dis koel. Maar nie almal is so nie. Die feit bly staan dat die bewyse wys dat die meeste mense nie so is nie.

Maar dit maak ook nie saak nie. Die punt is dat die nie gaan oor wat “genoeg” is nie. Party “poly” mense kan monogamieuse wees as hulle regtig wil; Inteendeel, mense wat sukselvol polieamorieuse verhoudings kan volhou neig om beter te wees met die nakom vandie reëls van verhoudings en om eerlik te wees as die gemiddelde persoon. Maar, “poly” mense wil nie monogamieuse verhoudings hê nie.

Wat’s verkeerd met monogamie?

Niks.

Hoekom wil jy dan nie een hê nie?

Vir die wie se verhoudings inklinasies na polieamorie leuen bied ‘n “poly” verhouding meer. Wanneer jy meer as twee mense betrokke het in ‘n verhouding, bied dit jou bronne en perspektiewe wat jy nie het in ‘n monogamieuse verhounding nie.as een persoon struikel of ‘n probleem het dan is daar twee of meer mense om na toe te draai vir ondersteuning. Met meer oë op ‘n verhoudings probleem, probleem by die werk of wat ookal maak oplossings soms makliker om the vind.

En dis goed vir jou seks lewe.

Ek is kreatief in die bed. Op my beter dae, dink ek ek is baie kreatief in die bed. Maar die feit bly staan, geen mens het al als gesien of beleef nie – geen mens kan begin om die omvang van “Koel Goed Om Te Doen In Die Bed” ten volle te meet nie. Ons het nou ses biljoen mense of die planeet en dertig duisend jaar van aangetekende menslike geskiedenis agter ons. Iemand, iewers, het al aan iets gedink waaroor jy gaande sou gewees het, maar jy sal self nooit daaraan dink nie.

Ek het baie dinge geleer van elk een van my minaars, binne en buite die slaapkamer, waarmee ek my ander, latere, verhoudings kon verryk. Net net nuwe tegnieke nie maar partykeer nuwe maniere om na dinge te kyk. Dit het al my verhoudings verryk en my lewe.

Dis ook dalk nie eers wat jy dink nie. Nie alle “poly” mense is in groep seks in nie. Daar is polieamorieuse individue wat nog nooit ‘n “threesome” gehad het nie. Om “poly” to wees beteken nie dat jy vanselfsprekend “kinky” is nie. Dit beteken ook nie dat jy hou van orgies of dat jy ‘n los lappie is of met elkeen wat jy ontmoed wil seks hê nie. Vir eksklusiewe polyamoriste is om “poly” te wees nie baie anders as om monogamieuse te wees nie. Polieamorie maak jou ook nie biseksueel nie; in ‘n polieamorieuse verhouding slaap die mense wat betrokke is nie noodwendig met al die ander nie. (Die idee om die ou in die midel van warm meisie-op-meisie aksie te wees is ‘n cliche so oud soos tyd maar moenie dink polieamorie gaan jou automaties daar kry nie. )

OK, so wat is die risiko’s hier?

Een risiko is dat jy meer as twee mense betroke het in jou verhouding.

Dis beide ‘n seën en ‘n bron van stres. Romantiese verhoudings kom ingebou met ‘n hoeveelheid spanning; ek ken niemand wat nog nooit ‘n enkele argument gehad het met hul minaar nie.

Voeg meer mense in die mengsel en die kanse vir oneenigheid, argumente en spaning styg. Voeg twee meer by end dit gaan nog verder op. Hoe meer mense betroke hoe groter is die kans vir potensiële probleme.

Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Partykeer, om mense te hê na wie jy kan reik as jy hulp nodig het is ‘n groot seën. Maar, in die geheel gesien om meer as een romantiese verhouding te hê is nie te veel moeiliker om te hanteer and slegd een nie.

Dis die verantwoordelikheid van enige persoon in ‘n polieamorieuse verhouding om te sorg dat hulle die reëls volg en dat almal se behoeftes na omgesien is. Sonder dit sal die verhouding misluk – net soos ‘n monogamieuse een sal.

‘>n Ander risiko is dat om “poly” te wees meer emotioneel gevaarlik is. Hoe meer mense jy jou hart voor oopmaak hoe groter die kaans dat jy jou hart gebreek gaan kry.

Mense wat ek ken so paar huise van my af het ‘n “oop verhouding” probeer en dit het alles tragies uitmekaar geval. Daardie soort ding hou nooit.

Mense wat ek ken so paar huise van my af het ‘n monogamieuse verhouding probeer maar hulle het uiteindelik geskei. Bewys dit dat monogamie nooit hou nie?

Party verhoudings wer, ander nie. Dis maar hoe dit is. Party polieamorieuse verhoudings werk; ander nie. Party monogamieuse verhoudings werk; ander nie. Maar, omdat monogamie die sosiale norm is word dit nie blameer as ‘n huwelik verbrokel nie, mense blameer nie die huweliks institusie nie. . .maar wanneer ‘n polieamorieuse verhouding verbrokkel blameer mense polieamorie.

‘>n Verhouding slaag of faal as gevolg van die mense daarin.

Ons kan dan so argumenteer dat die meeste verhoudings nie hou nie; hoeveel mense deel hulle elwens met hulle eerste liefde?‘n Paar maar nie baie nie.

Daar is baie redes hoekom verhoudings nie hou nie en die meeste redes het niks te doen met die model van die verhouding nie. Dis maklik om na nie-tradisionele verhoudings te kyk en die aanname te maak dat elke probleem wat mense in daardie verhouding het as gevolg is van die vorm van die verhouding, maar dit werk nie in die praktyk so nie.

En nie alle verhoudings wat nie hou nie het “gefaal” nie. Mens kan so dink maar dies nie noodwendig so nie. Enige verhouding wat jou meer leer van jouself en die mense om jou is in ‘n sekere maate ‘n sukses.

Wat van siektes? Is jy baie seks maats het bekommer jy jou nie oor SOIs nie?

Een van die groot voordele daarvan om oop, eerlike a-monogamie te beoefen met mense vir wie jy noe hoef te jok nie is dat dit kommunikasie or SOIs vergemaklik.

Die mense wat ek ken in die “poly” leefruimte neig om baie versigting te wees oor dinge soos die risikos van SOI’s – meer so as die meerderheid van monogamieuse mense wat ek ken. Baie monogamieuse mense praat glad nie met hulle minnaars oor hul seksuele geskiedenis nie, meestal uit vrees dat hulle jaloesie sal aanwakker en terselfde tyd dring hulle ook nie daarop aan dat altwee vir ‘n SOI toets gaan voor hulle seksuele kontak het nie.

Ek sê nie dis waar van alle mense in monogamieuse verhoudings nie. Moenie my verkeerd opvat nie, daar is baie mense in monogamieuse verhoudings wat baie versigtig end bedag is omtrent seksuele gesondheid. Ek sê ook nie dat “poly” mense automaties veilig is nie.

Maar my ondervinding het my geleer dat dit nie die norm is nie. Ek sien nie gereeld dieselfde vlak van wakkerheid en besorgdheid omtrent seksuele gesondheidin tradisionele verhoudings as wat ek tussen mense in polieamorieuse verhoudings sien nie. Dit is veral waar tussen mense wat reeksmonogamie beoefen en dinge is nog erger tussen die wat net op die oog af monogamieuse is en wat hulle minaars verkul. ‘n Persoon wat ‘n affair het mag syof haar maat aan SOI risiko’s blootstel sonder dat die persoon dit eers van weet. Daardie soort gedrag word deur almal in die “poly” lewenstyl verdoem.

Kom ons neem aan ek anvaar als. Hoe kan ek dit laat werk?

Dis makliker om die vraag: “Hoe kan ek polieamorie laat verkeerd loop? “  Dit is juis die vraag wat ek hier end hier in dié PDF leër beantwoord.

Soos met enige verhouding is dit moeiliker om sukses te bereik as wat dit is om dit te laat faal. Een van die mees versekerde manierie om dit hartseer te laat eindig is om the jok.as jy nie eerlik met jou maat kan wees nie, en ek bedoel met alles nie, dan is polyamorie nie vir jou nie.as jy nie by die reëls van ‘n monogamieuse verhouding kan hou nie, dan is [polyamorie] nie vir jou nie.as jy mense verkul dan is “poly” nie vie jou nie.

Nog ‘n manier om te verseker dat jou “poly” verhouding nie gaan werk nie is om jou maat hard te probeer oortuig deur te neul by hulle om dit te aanvaar nie. “Poly” verhoudings werk nie as die mense wat betrokke is daarmee dir met ‘n swaar hart aanvaar nie; dit moet tot voordeel strek van almal.

Ek is met jou. Geen leuens, niemand bullie nie. Wat nou?

Dit hang van jou af en die persoon met wie jy betrokke is. Wanner jy twyfel, en jy speel met die idee om in ‘n polieamorieuse verhouding betrokke te raak is dit beste om stadig te gaan. Maak seker jou huidige maat voel veilig and ingelig rondom wat jy doen. Maak seker jy raak nie so meegvoer dat jy van jou huidige maat se gevoelens vergeet nie. Dis ‘n maklike fout om te maak, al kyk jy uit vir dit.

As jy reeds in ‘n verhouding is is dit van kardinale belang dat jou verhouding solied en stabiel is voor jy begin experimenteer met a-monogamie. ‘n Ongesonde verhouding gaan verder verbrokkel as jy die fondasies begin verander waarop dit gebou word.

So: Moenie jok nie, moenie boellie nie. Onthou om all jou verhoudings maats se gevoelens in ag te neem – Almal van hulle. Jy moet onthou dat almal gelukkig moes wees anders kan jy maar geld daarop sit dat niemand sal wees nie. Gee aandag aan jou seksuele maats. Moenie dat jou aandag van dit wat belangrik is getrek word nie.

Laat vaar die idee dat polieamorie jou ‘n lisensie gee om rond te mag slaap. Dit doen nie. Om “poly” te wees beteken nie jy slaap met enigeiemand wat jy wil nie. Dit beteken nie jou lewe gaan ‘n eindelose vista van wilde orgies wees nie. Sit daardie idees opsy voor jy begine want dis nie waaroor dir gaan nie.

‘>n “Poly” verhouding werk as almal betrokke gelukkig is. Terwyl jy nie kan verwag dat iemand altyd als (selfs in ‘n monogamieuse verhouding) kan wees nie is daar absoluut geen probleem daarmee om jou minnaar direk te vra: “Kyk, ek dink nie jy spandeer genoeg tyd me my nie. Jy moet meer aandag aan my gee. ”

En natuurlike die gesonde-verstand reëls is altyd goed.as jy meer as een minnaar het, dan in hemels naam, wees veilig. Jy ken reeds die hele veiliger seks storie. So, doen dit.

Maar hoe weet ek ek is tog poly? Hoe kan ek sê dit gaan vir my werk?

Dis iets wat jy vir jouself moet uitvind.

As jy gelukkig kan wees met die idee om ‘n minnaar te deel dui dit daarop dat ju dalk gelukkig in ‘n “poly” verhouding can wees. Geen waarborge nie, natuurlik, maar dit sal ‘n moontlikheid wees.

Oor die algemeen is polieamorie nie iets wat ek mense aanraai om blindelings in te vaar nie. Jy moet veilig voel in jou huidige verhouding voor jy kan dink daaraan om die deure oop the maak vir ander mense.

Ek was nog altyd poly, me hele lewe lank; ek het selfs twee dates na die prom toe gevat in hoërskool. Ek het ‘n agtien jaar lange verhouding met iemand wat ‘n baie konservatieve katolieke agtergrond gehad het. Die onderwerp van [polyamorie] het nie eers opgeduik in die eerste twee jaar van ons verhouding nie want ek het gevoel dit is belangriker om eers met haar ‘n goeie fondasie te skep. En toe dit wel onder bespreking kom het dit nog ‘n jaar gevat voor iets gebeur het – en dit was sy, nie ek nie wat eers ‘n ander minnaar gekry het. Dit was belangrik want dit het haar eershandse kennis gegee dat sy ‘n ander minnaar kon hê sonder dat dit ons verhouding seer maak.

Wat baie help is wanneer jy in ‘n verhouding is en dink daaraan om polieamorie te probeer dat jy al jou varkies agtermekaar kry. Moenie polieamorie probeer as jy dink dit gan die dinge wat verkeerd is in jou verhouding regmaak nie; die “verhouding is stukkend, voeg net nog mense by” benadering werk nie baie goed nie, maar dit sit iemand anders in die middel van water probleme julle ookal mag hê – die NIE koel nie. Om gesonde polieamorieuse verhoudings the bou begin deur seker te maak jou huidige verhouding is gesond.

Hoe begin ek met ‘n polieamorieuse verhouding?

As dit jou eerste keer is, onthou dat jy bereidwillig moet wees om werk in te sit. Jy moet luister na jou maat sonder om druk op hulle te sit. Jy moet gewillig wees om te konsentreer op wat belangrik is en om seker te maak die fondasies met daardie persoon is stabiel en veilig.

Natuurlik vind party mense hulle in ‘n “poly” verhouding sonder dat hulle dit regtig deurdink het. Wanneer dit gebeur is dit maklik om oorweldig, onseker, jaloers of kwaad te voel. Vat ‘n blaaskansie. Kyk rationeel na die situasie met ‘n koel kop. Wat is besig om regtig te gebeur?Is jou maat besig om van jou af weg te beweeg?Verloor hy of sy belangstelling in jou?As die antwoord “nee” is dan moet jy weer mooi dink voor jy ingee vir jou kwaai or jaloerse emosies. Wat gaan regtig aan?Hoeveel van ‘n belegging is jy werklik bereid om in jou verhouding te maak?Watter aannames maak jy oor die manier wat jy dink jou verhouding is veronderstel om te wees en is daardie aanames redelik?

Ja, ek weet dis moeilik

Kom ons neem aan dat jy genoë is om dit te probeer is daar ‘n paar goed wat ek kon voorstel.

Maak seker, en ek bedoel SEKER, dat almal aan boord is. Wat soek almal van julle?Onder watter omstandighede is dit aanvaarbaar vir jou of jou maat om ‘n ander minnaar te kry?Het jy ‘n sê in wie jou maat mag kies?Indien wel, watter soort inset mag jy lewer?

Wees sagmoedig – met jou maat EN jou maat se ander liefdes. Dit is veral belangrik as jy alreeds ‘n verhouding het. Baie keer, wanner ‘n paartjie polieamorie probeer word hulle so opgevang in die idee om die primêre verhouding te preserveer dat hulle heeltemal vergeet dat die ander mense wat betrokke is ook maar net mense is. ‘n Etiese raamwerk behoort almal daarin betroke met respek en sagmoedigheid te hanteer.

As jy kan, sou ek voorstel jy vind ‘n plaaslike “poly” groep. Toe ek so fyv en twintig jaar gelede terug met [non-monogamous] verhoudings begin het het ek nie die voordeel van so ‘n groep gehad nie. Ek wens nogal ek het so iets gehad. Dis regtig baie voordelig om die kollektiewe ondervinding van ‘n groep mense te hê wat alreeds die foute begaan het wat jy nou me wroeg.

Vat dinge kalm. Dis nie ‘n wedstryd nie en moenie hals oor kop in die eerste “poly” verhouding in jaag wat oor jou pad kom nie.

Ontwikkel goeie kommunikasie en konflik-ontlonting vaardighede. So waar as waaragtig, daar sal ‘n tyd kom wat jy hulle gaan nodig hê. (Dit geld natuurlik vir traditionele monogamieuse verhoudings ook. . . )

So, waar kry ek “poly” mense in elk geval?

Waar kry jy enigeiemand?Die wêreld is vol mense. Dis moeilik om by ‘n straat af te loop sonder om ander mense raak te loop.

Ek probeer nie lig maak van die situasie nie. My punt is jy kan nie net na ‘n spesifieke plek toe gaan en “poly” mense ontmoed nie of uitkyk vir ‘n sekere simbool wat jou gaan sê dat iemand “poly” is nie. Dis maar soos enige iets anders. Waar ontmoed jy gewoonlik mense?Ek het “poly” mense ontmoed by konvensies, die werk, klubs, jy weet, enige plek waar jy gewoonlik mense ontmoed.

En net omdat iemand nie adverteer dat hulle “poly” is nie beteken nie dat hulle nie oop is vir die idee nie. Baie mense is reg om met nuwe oë na die konsepte rondom verhoudings te kyk; jy sal heel waarskynlik baie verras wees.

‘n Tegniek wat baie goei vrugte afwerp is om nie ‘n lysie op te stel wanneer jy vir ‘n maat soek nie. Vergeet van “Ek soek ‘n biseksuele, vroulike rooikop wat graag na Elvis luister en ‘n passie het vir Kurt Vonnegut se boeke” en los jouself liewer oop vir die moontlikhede om jou.

Die res is jou werk. Daar is nie ‘n maagiese “Handleiding Om Dit Te Laat Werk” nie en ek kan jou nie sê waarheen om na toe te gaan om mense wat polieamorieuse is te vind nie. Maar ek kan jou vertel dat, struikelbloke ter syde gestel, kan dit ‘n [rewarding] en [fulfilling] manier wees om jou die romantiese deel van jou lewe uit te bou.

Return to Home page